Ons Prestasie Oortref Verwagtinge


Vanguard lewer betroubaar, vinnig en in ooreenstemming met internasionale en plaaslike regulasies. Goedgekeurde produkte spruit uit ‘n presiese proses. Ons is trots daarop dat ons GAP, SQF, Rainforest Alliance en die Costco Code of Good Conduct–sertifisering streng nakom. Ons is aktief betrokke by voedselveiligheidforums, PMA en wêreldwye verenigings wat daarop toegespits is om ons vars produkte te beskerm en te bevorder. Ons werknemers het ons FCPA–beleid onderteken en ons interne inspekteurs monitor op ‘n deurlopende basis ons bedrywighede oor die wêreld heen.

Gehalte Gewaarborg


Die produkte wat Vanguard verskaf, lok kliënte van markte oor die hele wêreld heen en verteenwoordig ‘n wye verskeidenheid vrugte en groente van die allerbeste gehalte. In ons bedryf is skoonheid meer as net die uiterlike. Ons gehaltestandaarde word daargestel deur markte wat aandring op globale sertifisering en volledige nasporing van produkte.