Oral En Almal


Ons opregte missie is om tafels wêreldwyd met gesonde en heerlike vars produkte te dek. Dit is ‘n vasberadenheid wat deur passie gedryf word en van plase afkomstig is wat strategies in die vrugbaarste produksiestreke op aarde geleë is. Vanguard–kantore in nege lande deel ‘n enkele fokus om presies wat ons markte wil hê, te verskaf en presies wanneer hulle dit benodig. Uitmuntende gehalte vars produkte praat ‘n universele taal.

Ons Plaas Onsself In Jou Skoene

Vanguard bedien die hele wêreld vanuit ons hoofkantoor in Washington en takkantore met volledige dienste in Peru, Chili, Suid–Afrika, China, Taiwan, Maleisië, Indonesië, Spanje en Italië.

Allerhande Vars Produkte

Vanguard verskeep elke jaar vars produkte van uitmuntende gehalte miljoene kilometer ver na duisende markte oor die wêreld heen. Die syfers bepaal egter nie hoe trots ons daarop is om die nommer een verskaffer van vars produkte te wees wat betyds en vars en op die beste moontlike manier verskaf word nie. Op enige tydstip is daar meer as 75 skepe wat ons vars produkte vervoer. Alhoewel 95% van ons besendings per vragmotor, vliegtuig en skepe gestuur word, stuur ons ook ons produkte per trein en ons het al per motorfiets en selfs te voet afgelewer.

Sê Net Wat En Waar

Vanguard se vars produkte word na baie plekke gestuur om aan baie behoeftes te voldoen. Tydige aflewering sluit verpakking in vir presies die doel wat ons vars produkte moet dien wanneer dit by die bestemming opdaag. Dit kan moontlik ‘n langer raklewe benodig, of ‘n verpakkingsmetode nodig hê wat die spesiale aandag wat vir ‘n groothandelarena nodig is, komplementeer. Die behoefte kan moontlik wees vir produkte wat gereed is vir verkoop, of verpakking vir ons voedseldienskliënte. Met die vinnige tempo waarteen e–handel groei, is ons reeds op dreef om kliëntgefokusde verpakking en handelsmerke te bied.

Perfekte Vennote


Meer as drie dekades lank ontwikkel en koester ons al langdurige verhoudings met produsente, verspreiders, kleinhandelaars en ander mense wat gesamentlik daaraan toegewyd is om die beste vars produkte op aarde na markte oor die wêreld heen te bring. Vir dié wat by ons aansluit, belowe ons goeie ondersteuning vir hul bydrae en waardes.

Ons kan altyd op Vanguard staat maak om hulle beloftes na te kom. Ons waardeer hulle aandag aan detail, professionele advies en magtige globale verskaffingsvermoë wat ons in staat stel om deurentyd te groei.

Eason Chi
Rings Fresh Corp.

Vanguard is Supafresh se belangrikste vennoot. Hulle is professioneel, betroubaar en lojaal. Ons is baie gelukkig om Vanguard as ons vennoot te kan hê.

Heidi Zhang
Aankope–Afdeling, Shanghai Supafresh Trading Co., Ltd.

Dit was ‘n voortreflike ervaring om met Vanguard International saam te werk en ons sien uit daarna om hierdie verhouding wat ons albei tot voordeel strek, voort te sit.

Linda Ong
Besturende Direkteur, Benelux Flowers & Food (Singapore) Pte. Ltd.

Ons Kon Dit Nie Beter Gestel Het Nie