Ons Hou Jou Beloftes


Die privaatheid van ons kliënte, werknemers en vennote is vir ons belangrik. Vanguard is daartoe verbind om u inligting te bewaar ingevolge wette wat die inwinning van persoonlike data beskerm.

Diensbepalings Van Vanguard International

1. Bepalings

Deur toegang te kry tot die webwerf, http://vanguardfresh.com, stem u in dat u onderworpe is aan hierdie diensbepalings, alle toepaslike wette en regulasies, en stem u in dat u verantwoordelik is om enige toepaslike plaaslike wette na te kom. As u nie met enige van hierdie bepalings saamstem nie, word u verbied om hierdie webwerf te besoek of te gebruik. Die inhoud op hierdie webwerf word deur toepaslike kopiereg en handelsmerk–wetgewing beskerm.

2. Gebruikslisensie

Toestemming word verleen om ‘n afskrif van die inhoud (inligting) tydelik van Vanguard International se webwerf slegs vir persoonlike, niekommersiële, kortstondige besigtiging af te laai. Ons bied nie aan u ‘n lisensie nie, dra nie eienaarsregte oor nie en ingevolge hierdie lisensie mag u nie die volgende doen nie:

  • die inhoud wysig of kopieer;
  • die inhoud vir enige kommersiële doeleinde of vir enige publieke tentoonstelling (kommersieel of niekommersieel) gebruik;
  • enige kopiereg of ander eiendomskennisgewings van die inhoud verwyder, of die inhoud na iemand anders stuur of ‘n ‘spieëlbeeld’ van die inhoud op ‘n ander bediener skep.

Hierdie lisensie sal outomaties beëindig word as u enige van hierdie beperkings nie nakom nie, en kan te eniger tyd deur Vanguard International beëindig word. Sodra u reg tot besigtiging van hierdie inhoud beëindig is, of sodra hierdie lisensie beëindig is, moet u enige inhoud wat u in u besit het wat u afgelaai het, hetsy elektronies of uitgedruk, vernietig.

3. Vrywaring

Die inhoud op Vanguard International se webwerf word verskaf soos dit tans daar uitsien. Vanguard International bied geen waarborge (direk of indirek) nie en vrywaar hiermee alle ander waarborge, insluitende, sonder beperkings, indirekte waarborge of voorwaardes van verhandelbaarheid, geskiktheid vir ‘n spesifieke doel, of nie–inbreukmaking van intellektuele eiendom of ander regteskending.

Verder waarborg Vanguard International nie en maak hulle geensins enige voorstelling aangaande die akkuraatheid, waarskynlike resultate of betroubaarheid van die gebruik van die inhoud op sy webwerf of wat andersins aan sodanige inhoud of op enige ander skakels wat aan hierdie webwerf gekoppel is nie.

4. Beperkings

Onder geen omstandighede sal Vanguard International of sy verskaffers verantwoordelik wees vir enige skade (insluitende, sonder beperkings, skadevergoeding vir verlies aan data of winste, of weens onderbreking van sake) wat spruit uit die gebruik of onvermoë om die inhoud op Vanguard International se webwerf te gebruik, selfs as Vanguard International of ‘n gemagtigde verteenwoordiger van Vanguard International mondeling of skriftelik van sodanige skade in kennis gestel is nie. Aangesien sekere jurisdiksies nie beperkings op indirekte waarborge, of beperkings van verantwoordelikheid vir gevolglike of toevallige skade toelaat nie, is hierdie beperkings moontlik nie op u van toepassing nie.

5. Akkuraatheid Van Inhoud

Die inhoud wat op Vanguard International se webwerf verskyn, kan moontlik tegniese, tipografiese of fotografiese foute bevat. Vanguard International waarborg nie dat enige van die inhoud op sy webwerf akkuraat, volledig of aktueel is nie. Vanguard International kan moontlik te eniger tyd, sonder kennisgewing, veranderinge aan die inhoud op hierdie webwerf aanbring. Vanguard International is egter nie daartoe verbind om die inhoud by te werk nie.

6. Skakels

Vanguard International het nie al die webwerwe wat aan hierdie webwerf gekoppel is, nagegaan nie en is dus nie verantwoordelik vir die inhoud van enige sodanige gekoppelde webwerf nie. As daar ‘n skakel ingesluit word, beteken dit nie dat Vanguard International daardie webwerf goedkeur nie. Sou u enige sodanige gekoppelde webwerf gebruik, is dit op u eie risiko.

7. Wysiging

Vanguard International kan moontlik te eniger tyd die diensbepalings van sy webwerf wysig sonder vooraf kennisgewing. Deur hierdie webwerf te gebruik, stem u in dat u die huidige weergawe van hierdie diensbepalings aanvaar.

8. Toepaslike Wetgewing

Hierdie bepalings en voorwaardes is onderhewig aan die wette in Washington en u aanvaar onvoorwaardelik dat u onderhewig is aan die eksklusiewe jurisdiksie van die wette in daardie Staat of plek.

Privaatheidsbeleid

Koekies

Ons gebruik ‘koekies’ om inligting oor u en u aktiwiteit op ons webwerf in te win. ‘n Koekie is ‘n klein stukkie data wat ons webwerf op u rekenaar stoor en elke keer wat u ons webwerf besoek, gebruik ons daardie koekie sodat ons kan verstaan hoe u ons webwerf gebruik, en om aan u inhoud te lewer op grond van die voorkeure wat u gespesifiseer het.

As u nie koekies van ons wil ontvang nie, moet u die opstellings in u webblaaier verander om koekies van ons webwerf te weier. U moet verstaan dat ons dan moontlik nie die diens wat u graag wil hê aan u sal kan lewer nie. Hierdie beleid dek slegs die gebruik van koekies tussen u rekenaar en ons webwerf — dit dek nie die gebruik van koekies deur enige adverteerders nie.

Derdepartydienste

Ons kan moontlik derdepartymaatskappye en individue op ons webwerf aanstel, byvoorbeeld verskaffers van analitiese inligting en inhoudvennote. Hierdie derde partye het slegs toegang tot u persoonlike inligting om spesifieke take namens ons uit te voer en hulle mag nie u inligting bekend maak of vir ander doeleindes gebruik nie.

Sekuriteit

Sekuriteit is vir ons belangrik en ons doen wat ons kan binne kommersieel–aanvaarbare perke om u persoonlike inligting teen verlies of diefstal te beskerm, en ook om ongemagtigde toegang, bekendmaking, kopiëring, gebruik of wysiging te voorkom. U moet egter besef dat geen metode van elektroniese oordrag of berging van data 100% beveilig is nie en ons kan dus nie die absolute sekuriteit van u data waarborg nie.

Skakels Na Ander Webwerwe

Dit is moontlik dat ons webwerf skakels na ander webwerwe, wat nie deur ons bedryf word nie, kan bied. Hou asseblief in gedagte dat ons geen beheer het oor die inhoud en praktyke van daardie webwerwe nie en ons kan nie verantwoordelikheid aanvaar oor hoe hulle u persoonlike inligting hanteer nie. Hierdie privaatheidsbeleid dek slegs ons webwerf en privaatheidspraktyke.

Ons kan van tyd tot tyd na ons goeddunke ons privaatheidsbeleid verander. U voortgesette gebruik van hierdie webwerf ná enige veranderinge in hierdie beleid beteken dat u ons praktyke aangaande privaatheid en persoonlike inligting aanvaar.

Besigheidoorname

As ons of ons bates oorgeneem word, of in die onwaarskynlike geval dat ons nie meer sake doen nie of bankrot verklaar word, kan ons gebruikersinligting as deel van ons bates verklaar wat na ‘n derde party gestuur of deur hulle oorgeneem word. U bevestig dat sodanige oordrag kan plaasvind en dat enige partye wat ons oorneem, u persoonlike inligting ingevolge hierdie beleid mag gebruik.