Die Trots Van Washington

Vanguard Pride is een van die top drie steenvrugprodusente in die Staat van Washington. As ‘n toonaangewende appelprodusent in die Verenigde State van Amerika is Vanguard Pride ‘n belangrike werkgewer met talle plase in die produksiestreke van die Stille Oseaan–streek. Met duisende akker grond in produksie en drie verpakkingsfasiliteite ontwikkel Vanguard Pride voortdurend nuwe variëteite appels en steenvrugte.

Ons bied van die mees gesogte appelvariëteite en verskeie variëteite kersies, appelkose, perskes en nektariens. Vanguard Pride verskeep in een jaar meer as drie miljoen kartonne vrugte na nasionale en internasionale bestemmings. As deel van Vanguard International het ons verbintenis tot innovasie in elke area, vanaf produksie tot verskeping, ‘n ten volle geïntegreerde, wêreldwye varsprodukte–onderneming geskep.

Perfek In Elke Opsig

Om varsgeplukte, gehalte vars produkte wêreldwyd te lewer, vereis die hoogste standaarde in alles wat ons doen, vanaf die plantstadium en oes tot verpakking en verskeping. Dit begin met die beste onderstok wat gekoester word deur produsente met generasies se ervaring en deur ‘n span kundiges gemonitor word.

Pride–appels, –kersies en –steenvrugte word voorbereid vir verskeping vanaf die boord na die tafel. Van die begin tot die einde volg ons ‘n proses wat deur die wêreldwye GAP–sertifisering vir goeie landboupraktyke gelei word.

Al die vrugte wat vanaf ons fasiliteite verpak en verskeep word, word op ons grond produseer en vanuit ‘n beheerde–atmosfeer–fasiliteit met ‘n kapasiteit om 1 000 000 kartonne vrugte te berg, verskeep.

‘n Geskiedenis Van Innovering

Toe Ernie Spada in 1972 met Pride Packing begin het, het hy reeds drie dekades se waardevolle produsente–ervaring agter die blad gehad. Hy was propvol idees. Pride was een van die eerste maatskappye wat die Two Leader–produksie– en snoeitegniek aangeneem het. Dié tegniek word nou as ‘n deurbraakmetode beskou wat meer sonlig op vrugte inlaat om die suikerinhoud te verhoog en soeter vrugte tot gevolg het.

Dit verkort ook die oestyd, wat beteken dat vrugte baie varser by aankoms is as variëteite wat tradisioneel produseer word. Innovering op plase en boorde het Vanguard Pride in staat gestel om bedryfsveranderende prosedures te ontwikkel vir ‘n ten volle geïntegreerde stelsel om kos vanaf die plaas na die tafel te neem.

Ons Bedien Kliënte Oor Die Hele Wêreld Heen

Deur nuwe tegnieke en metodes op die plaas in te bring, het Vanguard Pride innovering uitgebrei na berging, verpakking, bemarking en verspreiding van vars produkte. Passie, kundigheid en bedryfsleierskap gee steeds vorm aan die wyse waarop Vanguard Pride sy kliënte wêreldwyd bedien.

Genoegdoening In Elke Happie

Tans bied ons van die mees gesogte appelvariëteite en verskeie variëteite kersies, appelkose, perskes en nektariens.

Voorspelbaar Perfek

Die roete vanaf die plaas na die varsprodukte–afdelings oor die wêreld heen is moeiteloos in die hande van produsente, verspreiders en groothandelaars wat saam daartoe verbind is om aan ons kliënte tydige lewering van presies die produkte wat hulle nodig het, te bied.

Main Office

Vanguard Pride
560 North Lateral B Road
Wapato, WA 98951

General Manager

Brett R. Calhoun
Phone: +1 509 877 3836
Toll Free: 1 800 282 4106
Brett.Calhoun@PridePacking.com

Packing Operations

Curt McDonald
Phone: +1 509 877 3836
Toll Free: 1 800 282 4106

Dit Gaan Oor Verhoudings

Vriendskappe Groei

Die Vanguard–gemeenskap het oor die afgelope 25 jaar meer as net vars produkte gekweek. Ons het ook saam gegroei en verhoudings gevorm wat ons inspireer en in staat stel om ons kliënte meer omvattend en doeltreffend te bedien as enige ander varsprodukteverskaffer. Ons is vasbeslote om elke dag te verbeter om te verseker dat ons die vars produkte wat ons kliënte wil hê wanneer hulle dit wil hê, betroubaar kan lewer.