Die Beste Van Oral Oor

Agricola Challapampa, wat in 2007 gestig is, het as ‘n 500 hektaar druiwe– en losskil–nartjiebesigheid in die vrugbare Villacuri–streek van Peru se Ica–vallei begin.

Vanguard International het die maatskappy in 2016 gekoop om deel te vorm van Vanguard se ontwikkeling van ‘n wêreldwye geïntegreerde besigheid wat kliënte op betroubare wyse dwarsdeur die jaar van ‘vars geoeste’ gehalteprodukte kan voorsien.

Vanguard Peru se Vanguard Fresh–, Golden Monkey–, Golden Horse–, Jade Rabbit–, Majestic Jaguar–, Red Tiger–, Shine Jade–, Silver Hawk–, Silver Ox–, and Pampa Fresh–druiwe is wêreldwyd sinoniem met gehalte.

Perfek In Elke Opsig

Lewering van varsgeplukte, gehalteprodukte aan plekke wat honderde of duisende kilometer weg is, is ‘n komplekse taak wat die hoogste standaarde in alles vereis, vanaf die plant– en oesproses tot verpakking en verskeping. Dit begin by die keuse van die beste beskikbare variëteite, produseer deur produsente met generasies se ervaring agter die blad, en gemonitor deur kundiges wat toegewyd is om die beste pogings op die plaas na markte oor die wêreld heen te bring. Vars produkte word in ‘n wêreldklas verwerkingsfasiliteit vir verskeping voorberei en word volgens elke kliënt se bepaalde spesifikasies verpak. Ons proses is van die begin tot die einde ten volle geïntegreer en beslis die wêreldwye GAP–sertifisering vir goeie landboupraktyke waardig.

Skep Die Perfekte Plek

Ons stigters het ‘n visie gedeel om Peru se Ica–vallei te omskep in een van die beste produksiestreke ter wêreld. Dit het deursettingsvermoë, innovering en nuwe tegnologieë vereis om die uitdaging van die streek se dorre, ligte grond die hoof te bied, en munt te slaan uit die perfekte temperatuur en lang ure sonlig. In 2007 het hulle begin om ‘n uitgestrekte woestyn in twee plase te omskep wat een van die voorste produsente van druiwe en sitrus geword het.

‘n Groot Verskaffer Van Pitlose Druiwe

Ons groep is toegewyd tot hoogs etiese sakepraktyke en ons het nie net ‘n belangrike rol gespeel in die onwikkeling van een van die wêreld se vernaamste produksiestreke nie, maar ook gehelp om ‘n bedryf op die been te bring wat werk verskaf aan 40% van die mense in die area. Vandag is Vanguard Peru ‘n groot verskaffer van pitlose druiwe en een van die mees gesogte verskaffers in die wêreldmark wat ‘n verskeidenheid goed gevestigde en gewilde handelsmerke bied. Ons voeg voortdurend nog grond by en span nuwe tegnologieë in vir ‘n toenemende reeks produkte wat ‘n unieke smaakervaring en uitmuntende gehalte bied.

‘n Fantastiese Verskeidenheid Druiwe

Our Vanguard Fresh–, Golden Monkey–, Golden Horse–, Jade Rabbit–, Majestic Jaguar–, Red Tiger–, Shine Jade–, Silver Hawk–, Silver Ox–, and Pampa Fresh–handelsmerke is wêreldwye druiwe–ikone.

Voorspelbaar Perfek

Die roete vanaf die plaas na die vars produkte–afdelings oor die wêreld heen is moeiteloos in die hande van produsente, verspreiders en groothandelaars wat saam daartoe verbind is om aan ons kliënte tydige lewering van presies die produk wat hulle nodig het, te bied.

Dit Gaan Oor Verhoudings

Vriendskappe Groei

Die Vanguard–gemeenskap het oor die afgelope 30 jaar meer as net vars produkte gekweek. Ons het ook saam gegroei en verhoudings gevorm wat ons inspireer en in staat stel om ons kliënte meer omvattend en doeltreffend te bedien as enige ander verskaffer van vars produkte. Ons is vasbeslote om elke dag te verbeter om te verseker dat ons die vars produkte wat ons kleinhandelaars wil hê wanneer hulle dit wil hê, betroubaar kan lewer.