Ons Is Trots Daarop

Vanguard Direct verkry die beste vars produkte intern deur middel van volfiliaal, globale produksiebesighede wat toegewyd is aan deurlopende en betroubare voorsiening van markspesifieke vars produkte aan ons kliënte in Noord–Amerika. Dieselfde ‘produseer met presisie’–verbintenis wat Vanguard International omskryf, geld ook vir Vanguard Direct, met die fokus op hoe trots ons daarop is.

Perfek Is ‘n Proses

Vanguard behou beheer oor alle elemente van die verskaffingsketting, insluitende ons boorde en ons nuwe verpakkingsfasilieit in Peru. Vanaf produksie en verpakking, tot die bestuur van seevrag, verspreiding en bestuur van die hele koue ketting, bly ons toegewyd daaraan om die wêreld se varsste en beste aan ons kliënte te lewer. Ons is toegewyd om in elke opsig perfek te wees.

Ons Groei Die Toekoms

Vanguard Direct bied ‘n duidelik roete na perfekte vars produkte en ‘n toenemende geleentheid vir die ontwikkeling van nuwe variëteite. Ons lewer die geur vanaf die boord na die bord op die tafel deur middel van ‘n volfiliaal, noukeurig–beheerde en ten volle geïntegreerde besigheid. Ons is altyd op soek na vars idees en hierdie jaar voeg ons sappige Tango–losskil–nartjies by ons varsproduktespyskaart terwyl ons voortgaan om die wêreld na ons kliënte in Noord–Amerika se voordeur te bring.

‘n Fantastiese Verskeidenheid Druiwe

Ons Vanguard Fresh–, Red Tiger– en Pampa Fresh–handelsmerke is wêreldwye druiwe–ikone.

Van Ons Aan U

Die reis vanaf ons plase oor die wêreld heen wat deur die Vanguard Direct–maatskappy besit word na die vars produktemandjies in Noord–Amerika is moeiteloos en verseker in die hande van produsente, verspreiders en groothandelaars wat almal toegewyd is om vars produkte tydig te lewer spesifiek vir die markte wat hulle bedien. Ons belofte is perfek, en ons kom dit na.

Main Office

Vanguard Direct
Gene Coughlin, Vice President Sales
5080 California Ave. Ste. 240
Bakersfield, CA 93309
Tel: +1 661 489 5850
Email: Gene.Coughlin@VanguardFresh.com

Farming and Packing Operations

Vanguard Challapampa
Manuel Yzaga Dibos, President
Panamericana Sur Km. 284.5 Salas, Guadalupe
Ica, Peru
Email: Information@Challapampa.com

Sales Operations

Vanguard Direct
Shawn Caldwell, Sales Manager
5080 California Ave. Ste. 240
Bakersfield, CA 93309
Tel: +1 661 489 5850
Email: Shawn.Caldwell@VanguardFresh.com

Dit Gaan Oor Verhoudings

Vriendskappe Groei

Die Vanguard–gemeenskap het oor die afgelope 25 jaar meer as net vars produkte gekweek. Ons het ook saam gegroei en verhoudings gevorm wat ons inspireer en in staat stel om ons kliënte meer omvattend en doeltreffend te bedien as enige ander verskaffer van vars produkte. Ons is vasbeslote om elke dag te verbeter om te verseker dat ons die vars produkte wat ons kleinhandelaars wil hê wanneer hulle dit wil hê, betroubaar kan lewer.