Vanguard International

Produseer Met Presisie

Dek Die Tafel

Vanguard heroorweeg en herontwerp voortdurend die roete wat vars produkte vanaf die plaas na die tafel moet volg. Dit is ‘n benadering wat verseker dat ons wêreldwyd toenemend kleinhandelaars, invoerders en groothandelaars se eerste keuse is. Ons bring ‘n groot verskeidenheid markspesifieke vars produkte na die veeleisendste kliënte op aarde. Vanguard het ná 30 jaar se kliëntgefokusde toewyding en innovasie die geloofwaardigste naam vir betroubare, gehaltegewaarborgde en heeljaar–lewering van die vars produkte geword wat ons kliënte in hul onderskeie markte benodig.

Welkom By Ons Plekke

Vanguard bedien die hele wêreld — vanaf allekategorieproduserende streke in Chili, China, Suid–Afrika en die Verenigde State van Amerika tot nisvariëteite wat in Peru, Nieu–Seeland, Spanje en Italië produseer word. Vanguard sien om na die beste plase op aarde om wêreldwyd puik produkte aan markte te lewer.

Gehalte Gewaarborg

Die produkte wat Vanguard verskaf, lok kliënte van markte oor die hele wêreld heen en verteenwoordig ‘n wye verskeidenheid vrugte en groente van die allerbeste gehalte. In ons bedryf is skoonheid meer as net die uiterlike. Ons gehaltestandaarde word daargestel deur markte wat aandring op globale sertifisering en volledige nasporing van produkte.

Ons Plaas Onsself In Jou Skoene

Vanguard bedien die hele wêreld vanuit ons hoofkantoor in Washington en takkantore met volledige dienste in Peru, Chili, Suid–Afrika, China, Taiwan, Maleisië, Indonesië, Spanje en Italië.

Vars, Vir Altyd

Namate ons vermoë groei om markspesifieke vars produkte betyds te lewer, versterk ons ons toewyding om dit in die verre toekoms steeds so te doen. Al is ons passievol om vandag goeie kos op die tafel te sit, ondersteun ons innovering wat ’n volhoubare toekoms verseker.


Versprei Die Woord


Ons pas ‘n wye verskeidenheid innoverende en hoogs doeltreffende bemarkingstaktieke toe wat Vanguard die huishoudelike naam vir produkte van uitmuntende gehalte maak. Ons ondersteun ook ons kleinhandelaars met produkpromosies by die verkoopspunt, die jongste nuus en bywerkings om inhoud vir sosiale media te verskaf.

Dit Gaan Oor Verhoudings

Vriendskappe Groei


Die Vanguard–gemeenskap het oor die afgelope 30 jaar meer as net vars produkte gekweek. Ons het ook saam gegroei en verhoudings gevorm wat ons inspireer en in staat stel om ons kliënte meer omvattend en doeltreffend te bedien as enige ander varsprodukteverskaffer. Ons is vasbeslote om elke dag te verbeter om te verseker dat ons die vars produkte wat ons kleinhandelaars wil hê wanneer hulle dit wil hê, betroubaar kan lewer.